Welkom

Vir die jongste weergawe van hierdie leesmy-lêer, sien http://www.openoffice.org/welcome/readme.html

Beste gebruiker

Hierdie lêer bevat belangrike inligting aangaande hierdie program. Lees asseblief hierdie inligting baie noukeurig deur voor u begin werk.

http://www.openoffice.org/about_us/introduction.html

Lees ook die afdelings oor hoe om by die OpenOffice.org-projek betrokke te raak.

Aantekeninge by installasie

Stelselvereistes:

Maak asseblief seker dat u voldoende geheue in die tydelike gids op u stelsel het en dat lees-, skryf- en looptoegang toegestaan is. Sluit alle ander programme af voor u die installasie begin.

Probleme tydens programbegin op Gnome

Hoe om die gebruikskoppelvlak-font te verander

Snelsleutels

Lêersluiting

Gebruikte/gewysigde bronkode

Gedeeltes kopiereg 1998, 1999 James Clark. Gedeeltes kopiereg 1996, 1998 Netscape Communications Corporation.

Hoe om betrokke te raak

Die OpenOffice.org-gemeenskap sou graag wou hê dat u aktief in die ontwikkeling van hierdie belangrike oopbronprojek deelneem.

As gebruiker is u reeds 'n waardevolle deel van die suite se ontwikkelingsproses en ons hoop om u te kan aanmoedig om 'n selfs aktiewer rol te speel as langtermynbydraer tot die gemeenskap. Sluit asseblief aan en bekyk die gebruikerbladsy te:

Registrasie

Voltooi asseblief die minimale produkregistrasie-proses wanneer u die sagteware installeer. Registrasie is opsioneel, maar ons moedig u aan om te registreer, aangesien die inligting die gemeenskap help om selfs beter sagteware te maak en direk in gebruikerbehoeftes te voorsien. Danksy die privaatheidsbeleid neem die OpenOffice.org-gemeenskap elke voorsorgmaatreël om u persoonlike data te beskerm. Indien u die registrasie tydens installasie misgeloop het, kan u enige tyd registreer by http://www.openoffice.org/welcome/registration20.html

Gebruikeropname

Daar is ook 'n gebruikeropname aanlyn wat ons graag wil hê u moet invul. Die resultate van die gebruikeropname help OpenOffice.org om vinniger nuwe standaarde te stel vir die skepping van 'n volgendegenerasie-kantoorsuite. Danksy die privaatheidbeleid neem die OpenOffice.org-gemeenskap elke voorsorgmaatreël om u persoonlike data te beskerm.

Rapporteer vlooie en probleme

Die OpenOffice.org-webwerf bevat IssueZilla, ons meganisme vir die rapportering, naspeuring en oplossing van vlooie en probleme. Ons moedig alle gebruikers aan om te voel hulle is welkom om probleme te rapporteer wat voorkom op hulle spesifieke platform. Hoe meer probleme aangemeld word, hoe beter kan die gebruikergemeenskap volgehoue ontwikkeling en verbetering van die suite bewerkstellig.

Teken in

Hier is 'n paar projekposlyste waarop u kan inteken, by http://www.openoffice.org/mail_list.html

Sluit by een of meer projekte aan

U kan groot bydraes lewer tot hierdie oopbronprojek selfs al het u beperkte sagtewareontwerp- of koderingservaring. Ja, u kan!

By http://projects.openoffice.org/index.html u sal projekte vind wat wissel van lokalisering, pasmaking en Groepware tot regte kernkoderingsprojekte. As u nie 'n ontwikkelaar is nie, probeer die dokumentasie- of bemarkingsprojek. Die OpenOffice.org-bemarkingsprojek behels beide guerrilla- en tradisionele handelstegnieke om oopbronsagteware te bemark. Ons doen dit oor taal- en kultuurgrense heen.

U kan ons help deur mense van hierdie kantoorsuite te vertel. U kan help deur by die bemarkings-, kommunikasie- en inligtingsnetwerk aan te sluit, by: http://marketing.openoffice.org/contacts.html waar u puntkommunikasiekontak met die pers, media, regeringsagentskappe, konsultante, skole, Linux-gebruikergroepe en ontwikkelaars in u land of plaaslike gemeenskap kan verleen.

Gebruikersteun

http://www.openoffice.org/mail_list.html. Alternatiewelik kan u ook vrae stuur na users@openoffice.org. Onthou dat u by die lys ingeteken moet wees om 'n antwoord per e-pos te kry.

Kyk ook die Neulvrae-afdeling by http://user-faq.openoffice.org/.

Hoe om te begin

http://development.openoffice.org/todo.html.